ARBEIDSTERAPIE

JANKE VAN DER WALT | CHRISTÉL VAN EMMENIS

Janke van der Walt

Arbeidsterapeut – B.OT(Pret) | MSc. OT-Paeds (London) | PhD OT (Stellenbosch)

Pr. Nr: 066 000 0183881

Christél van Emmenis

Arbeidsterapeut

Arbeidsterapeut – B.OT(Pret) | MSc. OT-Paeds (London) | PhD OT (Stellenbosch)

MY DIENSTE

Algemene Ontwikkeling

‘n Kind mag ‘n algemene ontwikkelings-agterstand hê of mag dalk in een of ‘n paar areas ‘n agterstand hê. Dit is belangrik om hierdie areas te identifiseer en te stimuleer. Soms is algemene ontwikkeling stimulasie nodig bv. by premature babas asook kinders wat trauma of siekte beleef het.

Groot en fyn motoriese vaardighede

Verwys na die vermoë om bewegings akkuraat te kan uitvoer en sluit in:

  1. Posturale- en spiertonus
  2. Balans
  3. Koördinasie
  4. Bilaterale Integrasie en midlynkruising
  5. Handvaardighede
  6. Knip
  7. Teken en skryf

Aandag/Konsentrasie

Daar is verskeie aspekte wat ‘n kind se konsentrasie kan beïnvloed: Lae spiertonus, sensoriese prosessering, agterstande in spesifieke areas, selfvertroue, emosionele aspekte, nutrisie, visie, gehoor – om net ‘n paar te noem. Dit is belangrik om hierdie area mooi te monitor en te evalueer sodat ‘n kind op die regte manier gehelp kan word.

Sosiale Vaardighede

Sosiale vaardighede vereis meer as goeie kommunikasie en om saam met ‘n maat te speel. Dit behels begrip van ander se insigte en bedoelings, die verstaan van meer abstrakte begrippe, die fisiese vermoë om te speel wat ander maats speel, selfvertroue, sensoriese toleransie ens. ens. Probleme in die area moet versigtig oorweeg word en korrek hanteer word.

Visuele Persepsie

Visuele persepsie verwys na hoe ons interpreteer wat ons sien. Alhoewel dit afhanklik is van visie, kan kinders met 100% visie wel visuele perseptuele probleme ondervind. Dit is ‘n belangrike voorvereiste vir akademiese vaardighede bv. lees, wiskunde, skryf, afskryf ens.

Organisasie en Beplanning

Kinders wat sukkel met organisasie en beplanning vind dit baie moeilik om onafhanklik te werk en om werk betyds klaar te kry. Selfvertroue is dikwels laag, want hulle vergeet gereeld huiswerk, LO klere ens. Ekstra struktuur en aanleer van strategieë kan baie help.

Sensoriese Integrasie

Sensoriese integrasie is ‘n neurologiese proses waar sensoriese informasie deur die sintuie
opgeneem word en neurologies verwerk word om ‘n toepaslike reaksie tot gevolg te hê. Informasie
word ontvang van die 5 sintuie wat ons almal ken – visie, gehoor, reuk, smaak en tas. Daar is egter
ook 3 minder bekende sintuie nl.:

  1. Die vestibulêre stelsel: verwys na die prosessering van beweging/posisie stimulasie deur die reseptore in die binne-oor.
  2. Die prorioseptiewe stelsel: Verwys na die reseptors in spiere en gewrigte wat reageer op
    drukking/trekkragte om liggaamsbewustheid te ervaar
  3. Die interoseptiewe stelsel: Verwys na die gewaarwordings van interne sensasies bv. honger,
    dors, liggaamstemperatuur.

Kinders mag oor/onder reageer op stimulasie wat onder meer koördinasie, aktiwiteitsvlakke, konsentrasie en emosionele reaksies kan beïnvloed.

“Hopeless into Hope, Cannot into can, Impossbile into Possible – Valerie Peña”

My Werk

My begeerte is om kinders se ware potensiaal te help ontwikkel, wat dikwels deur motoriese, koördinasie, sosiale of visuele perseptuele probleme weggesteek word. Ek werk  met kinders, hulle families en skole om ‘n holistiese en realistiese plan uit te werk om probleme te behandel.  Ek bied ook werkswinkels en opleiding aan op aanvraag.

Die arbeidsterapie proses is uniek vir elke gesin en situasie, maar verloop gewoonlik as volg:

  1. Ouer/voog onderhoud
  2. Evaluasie (mag skoolbesoek insluit indien nodig)
  3. Terugvoering aan ouers
  4. Verslag
  5. Behandeling indien nodig

Behandeling kan op verskillende maniere plaasvind, afhangende van ‘n kind en gesin se behoeftes:

  1. Individuele terapie sessies
  2. Groep-terapie sessies
  3. Tuisprogramme
  4. Input in die skool omgewing
  5. Teleterapie (terapie d.m.v. videosessies, skyfievertonings of visuele programme)

Ek is ook baie opgewonde om aan te kondig dat Christél van Emmenis aangesluit het by my praktyk as n Arbeidsterapuut.

Kontak Besonderhede

084 865 5610

10 Skool Straat, Vredenburg

Stuur my n boodskap