SPRAAKTERAPIE

YOLANDÉ NIEUWOUDT

Yolandé Nieuwoudt

Spraakterapeut – B.Speech, Language & Hearing Therapy (US)

PR. Nr: 0820000748692

MY DIENSTE

Taalafwykings

  1. Vroeë Intervensie (0 – 3)
  2. Taalafwyking/Taalagterstand
  3. Afasie
  4. Kognitief-Linguistiese Probleme

Spraakafwykings

  1. Artikulasie
  2. Fonologiese Prosesse
  3. Ontwikkelings Apraksie
  4. Stem Probleme
  5. Hakkel
  6. Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie

Mediese Dianogse

  1. Disfagie (Sluk Probleme)
  2. Breinbeserings
  3. Beroertes
  4. Demensie
  5. Degeneratiewe Neurologiese Afwykings
  6. Disartrie
  7. Aspraksie

Geletterdheid

  1. Fonologiese Bewustheid
  2. Geletterdheidvaardighede

“Not being able to speak is not the same as not having anything to say” Rosemary Crossley

My Werk

Yolandé Nieuwoudt is ‘n Spraakterapeut gebore en getoë aan die Weskus. Sy het haar graad in Spraak-, Taal- en Gehoorterapie aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang en daarna haar gemeenskapsjaar in die klein dorpie Graaff-Reinet voltooi. Gedurende 2015 het sy na die Weskus teruggekeer en in 2018 die geleentheid gehad om haar eie praktyk te stig. Die praktyk is hoofsaaklik gebaseerd op Vredenburg by die Weskus terapiesentrum, maar sy dien ook omliggende areas.

‘n Verskeidenheid van doelgerigte, geïndividualiseerde spraak- en taalterapie dienste word aangebied wat op kinders asook volwassenes gemik is. As spraak- en taalterapeut is sy betrokke by die behandeling van kommunikasie afwykings in spraak, taal, kognisie asook sluk in beide kinders en volwassenes. Die behandeling van hierdie afwykings sal onder meer die volgende behels:

  1. Assessering
  2. Diagnose
  3. Terapie
  4. Voorkoming

‘n Holistiese benadering word altyd na gestreef en daarom sal elke kliënt se geïndividualiseerde behoeftes hoog op die prys gestel word.

Kontak Besonderhede

074 306 3511

10 Skool Straat, Vredenburg

Stuur my n boodskap